Dag 1
Geheue vers vir die week!!!
Lukas 5:32
32Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
Openings vraag:
- Wie is jou beste vriend?
- Wanneer het jy jou vriend die nodigste gehad en/of wanneer het jou vriend jou die nodigste gehad?
Lees saam: Lukas 5:17-26
- Hoe dink jy voel dit vir iemand wat verlam is? Hoe voel dit om in die dorp in ‘n rolstoel te ry?
- Hierdie vier vriende het darem baie omgegee vir hulle verlamde vriend. Ken ons gesin iemand wat verlam of gestremd is? Hoe kan ons vir daardie persoon wys ons gesin gee om vir hom/haar?
- Wat genees die Here eerste? (kyk vers 20) Wat is die grootste probleem van die verlamde man in Jesus se oë?
- Hoekom genees Jesus die verlamde man?

Les
Daar is vir Jesus niks meer belangrik as dat mense in ‘n liefdesverhouding met Hom staan nie. Ons moet ook mense die geleentheid gee om Jesus te ontmoet. Dit beteken ons moet mense self vertel van Jesus en ook hulle neem na plekke waar Christene saam kom om oor Jesus te praat.
Kom ons bid en sê dankie vir Jesus vir gesondheid
Dag 2
Geheue vers vir die week!!!
Lukas 5:32
32 Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
Openings vraag:
Watter reëls mag nie gebreek word in julle huis nie? Wat is die belangrikste reëls?
Lees saam: Lukas 5:27 – 6:11
- Waaroor is die Fariseërs bekommerd as Jesus by Levi eet? Waaroor is Jesus bekommerd?
- Waaroor is die volgelinge van Johannes bekommerd as hulle Jesus uitvra oor die vas? Waaroor is Jesus bekommerd?
- Waaroor is die Fariseërs bekommerd as Jesus se dissipels koring pluk op die lande? Waaroor is Jesus bekommerd?
- Waaroor is die Skrifgeleerdes bekommerd as Jesus die verlamde man op die Sabbatdag genees? Waaroor is Jesus bekommerd?
Les
- Ons is baie keer bekommerd oor of ons die regte goed doen in die kerk. Ons is ook baie besorg oor wat mense doen: of hulle nie te veel dit en te min dat doen nie. Hierdie verhale leer ons dat Jesus meer bekommerd is oor mense se siele as oor wettiese reëls.
- Jesus is bekommerd oor mense wat Hom nie ken nie, daarom moet dit ook wees waaroor ons bekommerd is.


Dag 3
Geheue vers vir die week!!!
Lukas 5:32
- Wat is die langste wat jy nog ooit gebid het?
- Vir wat het jy baie gebid wat die Here beantwoord het?
- Hoekom dink julle bid Jesus die hele aand deur? Waarvoor dink julle bid Hy?
- Wat weet ons van die persone wat gekies is?
- Elkeen kry nou ‘n kans om in sy/haar eie woorde te sê wie Jesus sê geseënd is en vir wie ellende wag?
- Hoe verskil dit van wie die wêreld dink is gelukkig en wie die wêreld dink is ellendig?

- Jesus kies mense vir bepaalde take. So kies Jesus ook vir ons vir ‘n bepaalde taak.
- Ons is geseënd as ons doen wat Jesus wil hê ons moet doen en nie wanneer dit finansieel goed gaan of wanneer ons baie vriende het nie.
- Almal doen nie Jesus se wil nie. Dit is ook hoekom: “maar almal doen dit”, of “maar almal het een” nie ‘n goeie rede is om iets te kry of te doen nie.

Dag 4
Sing ‘n paar liedere saam
Wie kan die geheue vers opsê!!!
Lukas 5:32
32 Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
Lees saam: Lukas 6:27-36
Wat maak ons as Christene anders as ander mense?
Hoe kan jy vir jou vyand wys jy is lief vir hom?
Is dit moeilik om dit te doen wat Jesus in die gedeelte vra? Is dit nie presies wat Jesus op aarde gedoen het nie?
Openings vraag:
- Elkeen kan weer sê wat waardeer jy van ander en wat waardeer jy nie? Elkeen kry weer die geleentheid om te praat en daar mag nie terug geantwoord word nie.
- Van wie hou jy niks nie? Wie sal jy as ‘n vyand beskou?
Les
Om jou vyande lief te hê is onmoontlik. Maar in Christus kan ons dit reg kry.

Bid saam:
Kom ons erken dit dat dit vir ons onmoontlik is om ons vyande lief te hê. Kom ons vra die Here om ons te help. Kom ons vra dat die Here meer sigbaar in ons sal word en ons eie “ek” sal sterf, want dit is die “ek” wat ‘n oog vir ‘n oog wil hê.
