Israel word in twee verdeel.

Toe koning Salomo oud geword het, het sy vroue sy hart van die Here af laat wegdraai. Hy het ander gode begin dien en nie meer heeltemal aan die Here behoort soos sy vader Dawid nie.

Die Here was ontevrede met Salomo en het vir hom gesê:
“Omdat jy My verbond verbreek het, sal Ek die koninkryk van jou wegneem en dit aan een van jou dienaars gee, maar om Dawid se ontwil sal Ek dit nie in jou leeftyd doen nie. Jou seun sal koning wees, maar Ek sal die koninkryk verdeel. Een stam sal vir jou seun oorbly.”

Een van Salomo se dienaars, Jerobeam, was ‘n dapper man. Die profeet Agia het hom eendag op die pad ontmoet. Hy het ‘n nuwe mantel aangehad en het dit in twaalf stukke geskeur. Agia het vir Jerobeam gesê:
“Neem tien van hierdie stukke, want so sê die Here: Ek sal die koninkryk uit Salomo se hand neem en tien stamme vir jou gee. Een stam sal, om Dawid se ontwil, vir sy seun bly.”

Ná Salomo se dood het sy seun, Rehabeam, koning geword. Die volk het vir hom gesê: “Maak die swaar diens ligter wat jou pa op ons gelê het.” Maar Rehabeam het na die jong manne geluister wat saam met hom grootgeword het. Hy het gesê: “My pa het julle met die sweep gestraf; ek sal julle met gésels straf.”

Toe het tien stamme van Israel hom verlaat en vir Jerobeam as koning geneem. Net die stamme van Juda en Benjamin het by Rehabeam gebly.

So het die volk van Israel in twee dele verdeel — net soos God gesê het.