Week 3 – Lukas

Dag 1

Geheue vers vir die week!!!

Lukas 4:18

18“Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig.

( Deel dit met mekaar.)

Lees saam:  Lukas 4:14-30

  1. Lees vers 22 en dan vers 28. Wat het tussen die verse gebeur dat die gemoedere so verander het? Probeer dit in jou eie woorde sê?
  2. Van watter  tipe preke hou mense, en van watter tipe preke hou mense nie?

Les

  • Jesus gee eers ‘n mooi boodskap waarvan die mense hou. Hy vertel van blindes wat sien en gevangenis wat vrygelaat word. Die mense hou van so ‘n boodskap. Maar sodra Jesus vir hulle sê dat hulle nie die boodskapper sal aanvaar nie, en dat hulle daarom die wonders van God sal mis, dan raak die mense kwaad.
  • Ons hou daarvan as mense mooi goed vir en van ons sê, maar as mense kritiek het op hoe ons lewe of as hulle ons tereg wys dan hou ons nie baie daarvan nie en dan raak ons soms kwaad. Ons moet besef dat God se boodskap altyd goed is vir ons, of ons daarvan hou of nie en daarom moet ons daarna luister

Kom ons vra die Here om ons ore  oop te maak vir elke woord wat Hy vir ons wil sê.

Dag 2

Geheue vers vir die week!!!

Lukas 4:18

18“Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig.

Openingsvraag

Lees saam: Lukas 4:31-44

  1. Wat is die twee goed wat Jesus gereeld doen?
  2. Hoekom wil die duiwels verkondig wie Jesus is? En hoekom dink julle maak Jesus hulle stil?
  3. Hoekom dink julle wil Jesus nie hê mense wat gesond gemaak is moet daaroor praat nie?
  4. Wat was Jesus se roeping? Kyk na vers 44.

Les

  • Jesus het 2 goed altyd gedoen. Hy was gereeld op die Sabbatdag in die Sinagoge (Joodse kerk) en Hy het gereeld stil plekke gesoek om te bid. Hierdie twee goed is baie belangrik vir ons geestelike groei. Ons moet gereeld stil raak by Jesus en gereeld kerk toe gaan.
  • Hulle wys hierdeur dat selfs hulle geglo het dat Hy die Seun van God is. Die Bybel sê die duiwels glo ook, maar hulle sidder van vrees. Hy wys deur hulle stil te maak dat Hy selfs in beheer is van die duiwels. Hy het mag oor alles.

Bid saam

Kom ons sê dankie vir ons gesondheid. As daar iemand in die huisgesinof gemeente siek is, kom ons bid vir hom/haar.

Dag 3

Geheue vers vir die week!!!

Lukas 4:18

18“Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig.

Openings vraag:

Het julle al vis gevang? Vertel vir mekaar wat van visvang is lekker en wat is sleg. Wat sal visvang baie lekker maak?

Lees saam: Lukas 5:1-11

  1. Hoekom dink julle vra Jesus vir Simon om weer sy net in die see te gooi? Dink julle hy was honger?
  2. Hoe dink julle voel Simon Petrus as hy sien hoe vol die net van die vis is?
  3. Kyk weer na vers 8. Ons sou dink Petrus sou opgewonde wees, en nou lyk dit asof hy skaam is. Petrus vra Jesus om van hom weg te gaan.

Hoekom dink julle gaan Jesus nie van hom af weg nie?

  • Wat dink julle beteken dit om visse te vang of om mense vir Jesus te vang.

Les

Sou dit nie lekker gewees het as ons verseker was dat ons elke keer as ons gaan visvang ‘n vis of twee sal vang nie. Visvang is soms sleg as ons die hele dag probeer vang en nie een vis kry nie. Jesus sê ons moet mense vang vir Hom. Nou dit is nog moeiliker, maar as Jesus saam met ons vang sal Hy bepaal hoeveel mense ons vang en kan ons net gehoorsaam wees en die avontuur met Hom geniet.

Bid saam

Kom ons vra Jesus om ons te help om vissers van mense te wees.

Dag 4

Lukas 4:18

“Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig.

Openings vraag

Wat was die lekkerste ding wat jy die jaar gedoen het? En saam met wie het jy dit gedoen? Wat sal ‘n lekker ding wees om die jaar as gesin saam te doen?

Lees saam: Lukas 5:12-16

  1. Hoekom bid ons altyd: “nie ons wil nie maar U wil”? Dink julle dit is dieselfde as wat die melaatse man wou sê?
  2. Die mense in Jesus se tyd het geglo dat jy mag nie raak aan ‘n melaatse man nie. Tog raak Jesus aan die man? Hoekom dink julle raak Jesus aan hom?

Ek dink Jesus raak aan die melaatse man, want Hy het geweet hoe lanklaas iemand aan die man geraak het en hoe nodig hy dit gehad het om iemand se aanraking te voel. Daar is baie mense wat net ‘n drukkie of selfs net ‘n handdruk nodig het. Ons moenie bang wees om mense aan te raak nie. Dit laat mense geliefd en spesiaal voel.

Vra vir die Here dat hy vir elkeen van ons sal wys wie ‘n handdruk of ‘n drukkie nodig het.

Kom ons gee mekaar ‘n druk