Die Israeliete het verder deur die woestyn gereis. Maar hulle het moedeloos geword en begin kla. Hulle het gesê: “Hoekom het Moses ons uit Egipte uitgelei? Hier is nie kos of water nie, en ons is moeg vir hierdie manna.”
God het kwaad geword omdat hulle gekla het. Toe het Hy giftige slange gestuur wat die mense gepik het. Baie van die mense het gesterf.
Die mense het besef dat hulle verkeerd was om so te kla. Hulle het na Moses gegaan en gesê: “Ons het gesondig! Bid asseblief vir ons dat God die slange sal wegneem.”
Moses het tot God gebid, en God het vir hom gesê wat om te doen. Moses moes ’n koperslang maak en dit op ’n paal sit. Elkeen wat gepik is en na die koperslang kyk, sou gesond word.
Moses het dit gedoen.. en wanneer iemand deur ’n slang gepik is en na die koperslang gekyk het, het hy nie gesterf nie!
