Water uit die Rots.

Die Israeliete het deur die woestyn gereis. Hulle het by ‘n plek gekom wat Refidim genoem word, maar daar was geen water om te drink nie. Die mense het na Moses toe gegaan en gekla:

“Gee vir ons water om te drink!”

Moses het vir hulle gesê:

“Hoekom kla julle by my? Hoekom vertrou julle nie die Here nie?”

Maar die mense was baie dors, en hulle het by Moses bly kla. Hulle het gesê:

“Hoekom het jy ons uit Egipte gebring? Nou gaan ons en ons kinders en ons diere hier doodgaan van die dors!”

Moses het tot die Here gebid:

“Wat moet ek met hierdie mense doen? Hulle is amper gereed om my dood te maak!”

Die Here het vir Moses gesê:

“Neem ‘n paar van die leiers van die volk saam met jou, en vat jou staf, die een waarmee jy op die water van die Nylrivier geslaan het. Gaan na die rots by Horeb. Ek sal daar voor jou wees by die rots. Slaan die rots met jou staf, en daar sal water uitkom sodat die mense kan drink.”

Moses het gemaak soos die Here gesê het, en water het uit die rots gevloei. Die mense het gedrink en was nie meer dors nie.

Moses het die plek Massa en Meriba genoem, want die mense het daar gestry en die Here getoets deur te vra:

“Is die Here regtig by ons of nie?”