Josef se hele familie kom na Egipte.

Nadat Josef vir sy broers gesê het wie hy is, het hy hulle gevra om hulle pa, Jakob, en al hulle gesinne na Egipte toe te bring, waar hulle genoeg kos sou hê om te eet tydens die hongersnood. Hy het vir hulle geskenke en baie kos vir die reis gegee. Hulle het teruggegaan na Kanaän en vir Jakob vertel dat Josef nog leef! Jakob was baie bly, maar hy was bang om Egipte
toe te gaan.

God het in ‘n droom met Jakob gepraat en gesê dat hy nie bang moet wees om na Egipte te gaan nie, want Hy sal saam met hom gaan en sy familie groot maak. Jakob en sy hele familie, al sy kinders en kleinkinders, diere en besittings het toe na Egipte toe getrek.

Josef het hulle tegemoet gegaan, en toe hy vir Jakob sien, het hy hom omhels en begin huil van blydskap. Jakob het gesê dat hy nou gelukkig kan sterf, want hy het sy seun Josef weer gesien.

Josef het toe sy familie na die farao toe geneem. Farao het hulle gevra wat se werk hulle doen en hulle het geantwoord dat hulle herders is. Farao was vriendelik en het vir Josef se familie in die beste deel van Egipte, in die land Gosen, laat woon. Omdat hulle goed was met die diere, het hy hulle aangestel om na al sy vee te kyk.

Jakob en sy familie het vir baie jare in Egipte bly woon en hulle het baie geword soos God beloof het.