Josef word verkoop.

Eendag het Jakob vir Josef gestuur om te gaan kyk hoe dit met sy broers en hulle skape gaan. Sy broers het hom van ver af sien aankom en planne gemaak om van hom ontslae te raak. Hulle het hom gevang, sy kleed uitgetrek en hom in ‘n leë, diep put gegooi.

Terwyl hulle by die put gesit het, het ‘n groep handelaars verbygeloop wat op pad was na Egipte. Een van die broers, Juda, het voorgestel dat hulle Josef aan die handelaars verkoop. Die ander broers het saamgestem. Hulle het Josef vir twintig silwerstukke aan die handelaars verkoop.

Die handelaars het Josef na Egipte geneem. Toe hulle in Egipte aankom, het hulle Josef as ‘n slaaf aan ‘n man met die naam Potifar verkoop. Potifar was ‘n belangrike persoon in Egipte en het vir die koning van Egipte, die farao, gewerk.

Josef het nou in Egipte gewoon en gewerk. Sy broers het intussen sy kleed in bloed gedoop en vir hulle pa, Jakob, gesê dat ‘n wilde dier vir Josef aangeval het. Jakob was baie hartseer en het baie oor Josef gehuil.

Lewer kommentaar