Die Besnydenis

Abram was 99 jaar oud toe God  weer met hom gepraat het. God het weer aan Abram belowe dat Hy ʼn groot nageslag sal hê.

Maar dit was nie al nie. God het vir Abram ‘n nuwe naam gegee. Van daardie dag af sou hy Abraham genoem word, wat beteken “vader van baie.” Abraham se vrou, Sarai, het ook ‘n nuwe naam gekry. Sy sou van toe af Sara genoem word, wat “prinses” beteken.

God het vir Abraham gesê dat Hy altyd by hom en sy familie sou wees. Hulle sou baie spesiaal vir God wees. Om dit te wys, het God ‘n verbond met Abraham gemaak. ‘n Verbond is ‘n baie spesiale ooreenkoms wat vir altyd hou. God het belowe dat die land waarin hulle gewoon het, aan Abraham en sy kinders sou behoort.

Daar was ook iets wat Abraham en sy familie moes doen om te wys dat daar ʼn verbond is tussen hulle en God. Al die mans in Abraham se familie moes ‘n klein operasie ondergaan, wat “besnydenis” genoem word, en wat sou wys dat hulle God se mense is.

God het ook vir Abraham gesê dat Sara, al was sy ook al baie oud, ‘n babaseuntjie sou hê. Hulle moes hom Isak noem. Isak beteken “lag”, want Sara het gelag toe sy die eerste keer hoor sy sou ‘n baba hê. God het gesê dat Hy ook ‘n verbond met Isak sou maak.

Abraham het alles gedoen wat God gevra het, omdat hy God vertrou het. Hy en sy familie het geweet dat God altyd sy beloftes hou.