Na die watervloed het al die mense in die wêreld dieselfde taal gepraat; hulle kon almal mekaar verstaan. Op ‘n dag het hulle besluit om ‘n baie groot stad te bou met ‘n toring wat aan die hemel kon raak. Hulle wou beroemd wees en nie oor die hele wêreld versprei word nie.
Die mense het bakstene gemaak en dit met klei aanmekaar vasgeplak. Hulle het begin bou aan die stad en die toring. Maar toe God sien wat hulle doen, was Hy nie bly nie. God het geweet dat, as mense almal saamwerk en dieselfde taal praat, daar geen einde aan hulle planne sou wees nie. Maar hulle planne was nie wat God wou hê nie.
So, God het besluit om af te kom en te sien wat die mense gebou het. Toe God sien hoe hoog hulle die toring bou, het Hy besluit om almal verskillende tale te laat praat. Skielik kon die mense mekaar nie meer verstaan nie! Elkeen het ‘n ander taal gepraat, en dit het dit vir hulle baie moeilik gemaak om saam te werk.
Omdat hulle nie meer kon saamwerk nie, het die mense opgehou bou aan die toring. Hulle het begin wegtrek en oor die hele wêreld versprei, elkeen volgens hulle nuwe taal. Die stad is Babel genoem, omdat dit die plek is waar God die mense se tale verwar het.
