Question 49. Which is the second commandment? The second commandment is, Thou shalt not make unto thee any graven image, or any likeness of any thing that is in heaven above, or that is in the earth beneath, or that is in the water under the earth: thou shalt not bow down thyself to them, nor serve them: for I the LORD thy God am a jealous God, visiting the iniquity of the fathers upon the children unto the third and fourth generation of them that hate me; and shewing mercy unto thousands of them that love me, and keep my commandments.
50. What is required in the second commandment? The second commandment requireth the receiving, observing, and keeping pure and entire, all such religious worship and ordinances as God hath appointed in his Word.
51. What is forbidden in the second commandment? The second commandment forbiddeth the worshiping of God by images, or any other way not appointed in his Word.
Vraag 49: Wat is die tweede gebod?
Die tweede gebod is, Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is ’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders aan die derde en aan die vierde geslag van die wat my haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat my lief het en my gebooie onderhou
Vraag 50: Wat vereis die tweede gebod?
Die tweede gebod vereis dat die ontvang en toepassing van enige godsdienstige aanbidding en gebruike, rein en eg gehou word, soos wat die deur God se Woord gespesifiseer is
Vraag 51: Wat word verbied in die tweede gebod?
Die tweede gebod verbied die aanbidding van God deur beelde, of op enige ander manier as wat ingestel of gespesifiseer is in Sy Woord
Onskuldig
Daar is baie min mense wat vandag in die Westerse wêreld lewe, wat dink dat hulle enigsins skuldig kan wees aan die tweede gebod. Ons dink gewoonlik aan mense in die Hindu geloof met hulle meer as 300 miljoen afgode wat skuldig staan voor die tweede gebod. Miskien is mense wat God ’n ander naam gegee het en nie glo dat Jesus God is nie, skuldig aan hierdie gebod. Maar ek, wat die Bybel aanvaar as God se Woord en God aanbid as my God? Hoe kan ek ooit skuldig staan voor die tweede gebod?
Oosterse geloofsinvloede
Die “New Age movement” is seker al aan baie bekend en tog is die invloed daarvan ook so dikwels sigbaar in ons aanbidding van God. Oosterse meditasie praktyke, visualisasie, die “leegmaak” van jou denke en fokus op spesifieke gedagtes of dan beelde het deel geword van baie se aanbidding van God. Die brand van kerse, wierook en speel van kalmerende musiek om ons in die “bui” van aanbidding te bring is alles deel van hierdie Oosterse praktyke. Hoewel daar sekerlik niks verkeerd is om die regte atmosfeer te skep wanneer jy jou stiltetyd hou nie, is dit gevaarlik as die emosionele elemente jou aanbidding van God bepaal. Sonder om wetties te wees, moet elke persoon sekerlik hom/haarself hierin ondersoek. Die belangrikste is God en die lees van Sy Woord en nie die atmosfeer of emosie nie. Self al verander jy die Oosterse beelde na ‘n houtkruis, moet jy onthou dat dit slegs ’n simbool van Jesus se kruisiging is en nie die God moet word waarvoor jy bid nie. Hierdie invloede is baie subtiel en des te meer gevaarlik omdat dit wegneem van die sentrale fokus, nl. God. Ons kan bv. dink aan die slang op die paal, waarna die Israeliete moes kyk om hulle van die slanggif te genees in die woestyn. Die slang op die paal het die volk egter later aanbid, in plaas daarvan dat die bron van die redding, nl. God aanbid is.
God se opdrag
God leer ons in hierdie gedeelte oor die tweede gebod dat Hy ’n jaloerse God is en dat Hy wil hê dat ons Sy gebooie moet bewaar. Om nie voor ander gode te buig nie, beteken nie net dat ek nie fisies voor ’n afgod of beeld buig nie, dit beteken dat ek in elke faset van my lewe hou by God se duidelike uiteensetting van hoe dit lyk as mens Hom aanbid. Daar is die verhaal in 2 Samuel 6 waar Dawid die ark van die Here na Jerusalem wou skuif waar hy gebly het. Dawid en al die mense maak klaar om die ark te gaan haal. Hulle laai die ark op ’n nuwe wa. Dawid en die mense sing en dans voor God en bespeel musiek instrumente. Op pad struikel die osse en een van die mans, Ussa, steek sy hand uit om die ark te keer dat dit nie omval nie. Die Here se toorn ontvlam en Hy slaan vir Ussa dood. Hoekom het God dit gedoen is ons eerste vraag? Was daar fout met Dawid se begeerte om die ark te bring na Jerusalem? Hoekom het God kwaad geraak? Die antwoord lê in die opdrag wat God vir Moses en die priesters jare te vore gegee het. Die Leviete uit die familie van Kehat moes die ark dra. Daar was ’n paal wat aan elke kant van die ark was en dit moes die Leviete op hulle skouers plaas en die ark sodoende vervoer. Hulle mag ook nie aan die ark geraak het nie. Dus al het Dawid die regte begeerte gehad en Ussa maar net probeer om te keer dat die ark omval, het hulle gesondig omdat hulle dit op hul manier en nie op God se manier gedoen het nie. As hulle die ark gedra het soos wat God beveel het, sou dit nie nodig wees om die ark te keer nie en dan sou Ussa nie aan dit wat heilig is gevat het nie. Uit hierdie gedeelte is dit duidelik dat dit nie gaan oor of jy dit opreg gedoen het nie, maar of jy dit gedoen het soos wat God bepaal het in Sy Woord. Jy kan dus opreg wees , maar opreg verkeerd!
Aanbidding van mense
Daarom is die vraag nie of ons iets opreg doen nie, maar doen ons dit soos God bepaal het. Die erediens op Sondae word baie keer mens georiënteerd ingerig. Waarvan sal die mense hou? Wat kan ons doen sodat mense dit sal geniet en weer sal kom? Die erediens kan nooit ingerig word om mense te pas nie, maar moet ingerig word soos God in sy Woord bepaal. Die eredienste deur die geskiedenis was nog altyd ingerig rondom die prediking. Die gelowiges deur die eeue het verstaan dat al is die prediking vir die wêreld dwaasheid, dit tog die krag van God is waardeur mense gered word. 1Korintiers 1:21 Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red. So al dink die wêreld dit is dwaas doen ons dit want dit is wat God bepaal het. Vandag word daar al hoe minder gepreek in eredienste. Die rede hiervoor is dat navorsing wys dat mense eerder na vertonings of sang wil luister as na ’n man wat voor staan en preek. Ons het nie nodig dat navorsing vir ons vertel dat mense nie van prediking sal hou nie, God se Woord het dit tweeduisend jaar terug al gesê. Die mens wat in sonde lewe, hang nie af van sy kultuur of tydperk waarin hy/sy leef nie, sal nie hou van prediking nie. Na wie gaan ons dus luister. Verstaan u hoe maklik ons die erediens dan kan verander om mense te pas en is ons besig met die aanbidding van mense in plaas van die aanbidding van God. Miskien moet die verhaal van Esegiël ons help. Esegiël staan voor ’n vallei met doodsbeendere. God vra hom of hierdie beendere kan leef. Hierop antwoord Esegiël: “Slegs U weet Here.” Die opdrag wat God dan vir Esegiël gee, mag ons verstom. God sê nie kry musiek of maak dit vir die beendere lekker of skep “entertainment” nie, nee God sê vir Esegiël om te preek. Esegiël preek en God doen die werk en dooies word lewendig. God se manier is die enigste manier wat werk en wat Hy aanvaar.
Die sang moet ook wees soos die Psalms ons leer, nl. gevul met die Skrif en volgens die Skrif en nie net woorde wat geen fondasie in die Skrif het nie. Baie keer kan ons ’n lied geniet oor die melodie terwyl die woorde leeg is van enige Skrif waarheid. Kolossense 3:16 Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here. Hierdie gedeelte leer ons dat die liedere daar moet wees om ons te leer en te vermaan. Sou jy sê dat die liedere wat julle sing julle leer aangaande God se Woord en vermaan dit julle. Miskien kan ons gaan kyk hoeveel liedere wat ons sing elemente van teregwysing en vermaning het. Liedere word verder gesing met dankbaarheid in ons harte teenoor die God wat ons gemaak het, ons gered het en in beheer van alles is. Hy moet geëer word. Die sang het dus Hom as eerste fokus en is nooit daar vir die mens se genot nie, maar vir sy opbou.
Ware aanbidding
Ware aanbidding is om die God van die Bybel te aanbid soos wat Hy bepaal het Hy aanbid moet word. Deur die lees van Sy Woord, ’n heilige lewe wat getuig van liefde teenoor Hom en jou naaste en van dankbaarheid vir die barmhartigheid wat Hy aan jou bewys het aan die kruis. Deur lofliedere te sing en te leef! Deur Sy sakramente te onderhou en rein te hou.
“want Ek, die Here jou God, is ’n jaloerse God…..”
