Jesus maak die storm stil

Daardie dag, toe dit aand geword het, sê Jesus vir sy dissipels: “Laat ons oorgaan na die oorkant.”

Hulle het die skare weggestuur en Jesus saamgeneem in die skuit. Daar was ook ander skuite by Hom.

Toe kom daar ’n groot stormwind. Die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol water begin word het.

Jesus was agter in die skuit en het op ’n kussing geslaap. Die dissipels maak Hom toe wakker en sê: “Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?”

Jesus het opgestaan en die wind bestraf. Hy het vir die see gesê: Swyg, wees stil!”

Die wind het gaan lê en daar het ’n groot stilte gekom.

Toe sê Jesus vir sy dissipels: “Waarom is julle so bang? Hoe het julle dan geen geloof nie?”

Maar hulle het baie bang geword en vir mekaar gesê:

“Wie is Hy tog, dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”