Jesus maak die storm stil

Daardie dag, toe dit aand geword het, sê Jesus vir sy dissipels: “Laat ons oorgaan na die oorkant” Dit was na die land van die Gadareners. 

Hulle het die skare weggestuur en saam met Jesus in die skuit na die oorkant gevaar.  Daar was ook ander skuite by Hom.

Toe kom daar ’n groot stormwind. Die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al vol water geword het.

Jesus was agter in die skuit en het op ’n kussing geslaap. Hulle maak Hom wakker en sê vir Hom: “Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?”

Jesus staan toe op en bestraf die wind. Hy sê vir die see: “Wees stil, bedaar!”

Die wind het gaan lê, en daar het ‘n groot stilte gekom.

Jesus vra toe vir hulle: “Waarom is julle so bang? Het julle dan geen geloof nie?”

Hulle het baie bang geword en vir mekaar gesê: “Wie is Hy tog, dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”

Lewer kommentaar