Ester se Feesmaal

Op die derde dag het  Ester haar koninklike klere aangetrek en in die binneste voorhof van die paleis gaan staan, oorkant die koning se saal. Toe koning Ahasveros haar sien staan, het sy guns in sy oë gevind. Hy het die goue septer na haar uitgesteek en Ester het nader gekom en die punt daarvan aangeraak.

Die koning het vir haar gesê:

“Wat is jou versoek, koningin Ester? Selfs tot die helfte van die koninkryk sal aan jou gegee word.”

Ester het gesê:

“As dit die koning behaag, laat die koning en Haman vandag kom na die feesmaal wat ek voorberei het.”

By die feesmaal het die koning weer gevra wat Ester se versoek is, maar Ester het gevra dat die koning en Haman die volgende dag weer na haar feesmaal moet kom.

Haman het daardie dag bly weggegaan, maar toe hy sien dat Mordegai nie voor hom opstaan of buig nie, het hy weer woedend geword. Sy vrou en vriende het vir hom gesê om ’n galg te maak waarop Mordegai opgehang kan word. Haman het toe ’n galg laat oprig.

Daardie nag kon die koning nie slaap nie. Hy het beveel dat die geskiedenis boek gebring moet word. Daarin is gelees hoe Mordegai die plan ontdek het van die manne wat die koning wou doodmaak.

Die koning het gevra:

“Watter eer is aan Mordegai bewys?”

Hulle het geantwoord:

“Niks.”

Net toe het Haman ingekom om te vra dat Mordegai opgehang moet word. Maar die koning het vir Haman gevra:

“Wat moet gedoen word met ‘n man vir wie die koning wil vereer?”

Haman het gedink die koning praat van hom, daarom het hy gesê dat so ’n man met koninklike klere en op die koning se perd deur die stad gelei moet word.

Toe sê die koning:

“Maak so met Mordegai.” Haman moes toe vir Mordegai deur die stad lei op die koning se perd.

Later, by Ester se tweede feesmaal, het Ester haar versoek aan die koning gegee. Sy het gesê:

“Ons is verkoop om vernietig te word — ek en my volk.” Toe vra die koning: “Wie is die man?”

Ester het geantwoord:

“Die teëstander en vyand is hierdie slegte Haman!”

Die koning het toe beveel dat Haman opgehang moet word aan die galg wat hy vir Mordegai gemaak het.