Samuel salf Dawid

Die Here het vir Samuel gesê:
“Hoekom treur jy nog oor Saul? Ek het hom as koning verwerp. Vat jou horing met olie en gaan na Isai van Betlehem. Ek het een van sy seuns gekies om koning te wees.”

Toe hy daar kom, het die oudstes bang geword. Samuel het gesê:
“Moenie bang wees nie. Ek het gekom om vir die Here ’n offer te bring.”
Hy het vir Isai en sy seuns ook na die offer laat kom.

Toe Samuel Eliab sien, het hy gedink:
“Dít is seker die een wat die Here gekies het.”

Maar die Here het gesê:
“Moenie kyk na sy voorkoms of lengte nie. Ek het hom nie gekies nie. Ek kyk nie soos mense kyk nie – mense kyk na die uiterlike, maar Ek kyk na die hart.”

Isai het sewe van sy seuns voor Samuel laat verbykom, maar Samuel het gesê:
“Die Here het nie een van hulle gekies nie.”

Toe vra Samuel:
“Is dit al jou seuns?”

Isai sê:
“Daar is nog die jongste, hy pas die skape op.”
Samuel sê toe:
“Laat hom dadelik haal.”

Dawid het gekom – hy was rooierig, met mooi oë en ‘n mooi voorkoms.

Toe sê die Here:
“Staan op en salf hom. Dít is hy!”

Samuel het sy horing met olie geneem en Dawid gesalf voor sy broers.
Die Gees van die Here het van daardie dag af op Dawid gekom.

Lewer kommentaar