Tekste wat die kinderdoop ondersteun.

Deel 1: Die Griekse teks van 1 Korinthiers 7:14

Die kernteks

Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig. (1 Korinthiers 7:14)

Die grammatiese onderskeid — Die sleutel tot die teks

Die teks maak ‘n grammaties deurslaggewende onderskeid wat in die meeste volksvertalings verlore gaan:

Vir die ongelowige gade: hegiastai

Perfektum passief indikatief van hagiazo — ‘is geheilig’ — ‘n werkwoord wat ‘n aksie beskryf wat van buite op die persoon inwerk. Die persoon ontvang heiligheid deur die verhouding. Dus nie ʼn heiligheid in homself nie.

Vir die kinders: hagia estin

Byvoeglike naamwoord + koppelwerkwoord — ‘hulle is heilig’ — ‘n toestand van wees. Die byvoeglike naamwoord hagios word deur Paulus konsekwent gebruik as beskrywing van gelowiges — dit is die standaard Pauliniese woord vir ‘heiliges’.

Hoe Paulus die byvoeglike naamwoord gebruik

Deur al Paulus se briewe en by al die Nuwe Testamentiese skrywers word hagios as byvoeglike naamwoord wanneer dit vir die individu gebruik word uitsluitlik gebruik vir gelowiges:

•               Romeine 1:7 — ‘geliefdes van God, geroepe heiliges’ (gelowiges in Rome)

•               1 Korinthiers 1:2 — ‘geheiligdes in Christus Jesus, geroepe heiliges’

                  Efesiers 1:1 — ‘heiliges en gelowiges in Christus Jesus’ — heilig en gelowig word     gekoppel

•               Kolossense 1:2 — ‘heilige en gelowige broers in Christus’ — weereens gekoppel

•               Filippense 1:1 — ‘al die heiliges in Christus Jesus’

Die heilig vir ʼn individu kom 67 keer voor in die Nuwe Testament elke keer word dit sonder uitsondering gebruik vir gelowiges.  Die koppeling van hagios met pistos (gelowig) in Efesiers 1:1 en Kolossense 1:2 spreek boekdele — Paulus behandel die twee begrippe as van toepassing op dieselfde persone. Wanneer hy dus hagia gebruik vir die kinders in 1 Korinthiers 7:14, plaas hy hulle in dieselfde kategorie as gelowiges.

Die verstommende feit is dus die volgende: Daar is nie een kommentaar wat ek kon vind( het drie AI agente gebruik vir hierdie ondersoek en het ook deur my eie kommentare gekyk en kon nie ʼn plek kry nie), nie een leksikon, en nie een grammatika wat ‘n enkele teks kan aanhaal waar ἅγιος (hagios) as byvoeglike naamwoord op individue toegepas word en ‘n mindere of versagte betekenis dra nie. Die enigste plek waar sommige kommentatore probeer om hierdie versagting af te dwing, is in 1 Korintiërs 7:14.

Verder is die Bybel ook duidelik dat ʼn “onreine”, die teenstelling teenoor die heiligheid van die kind van ʼn gelowige ouer, gebruik word vir iemand wat die Koninkryk nie sal sien nie. Efesiers 5:5  Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.

Tertullianus bevestig die eksegese (uitleg van die skrif)

Die ironie is dat Tertullianus juis 1 Korinthiers 7:14 gebruik in sy argument — hy erken die heiligheid van die kind, en gebruik dit as rede om te wag met die doop. Hy en die voorstaanders vir kinderdoop deel dieselfde eksegese.

Die Belydenisse bevestig hierdie eksegese

Soos ook gesien bevestig die belydenisskrifte hierdie gebruik van heilig as redding. Hierdie manne wat die belydenisse saamgestel het was nie net kundiges in die oorspronklike tale van die Skrif nie, maar kon ook in Grieks en Hebreeus debatteer. Al die protestante kerke het hierdie belydenisse of net die Westminster onderteken en ander net die drie formuliere van eenheid(Heiliderbergse, Nederlandse en Dortse leerreëls).